: Die atlete van die Narsingstraat Primêre Skool op Graaff-Reinet het uitstekende vertonings tydens die Sarah Baartman-atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth gelewer. Ses atlete was in die Karoo-span en vyf van hulle het medaljes verower. Hulle is Sonyboy Lamont (silwer in 100m), Nicole Prince (silwer in gewigstoot), Jaylin Oerson (silwer in gewigstoot), Catlin Pietersen (goud in gewigstoot) en Maxshean Matthews (goud in verspring). Die skool het laat weet hulle is baie trots op dié atlete se prestasies. Agter van links is Maxshean, Catlin en Nicole. Voor sit Sonyboy en Jaylin.Foto: VERSKAF


MIDDELBURG:

Eerste elektriese

motor by Celtis herlaai


2

GRAAFF-REINET:

C
ommunity rallies together during water crisis




















3

KOSMANDJIE:


Geroosterde





groenteslaai




4

SKOOLNUUS:

Schoombee vat herwinning aan

5

SPORT:

CHS-krieket klop Queen’s College

8

Middelburg Forum doen ’n dringende beroep op alle inwoners van Middelburg om enige skoon, leë waterbottels af te gee by GDE Leather in Meintjiesstraat of Naudéstraat 52. Die waternood in Graaff-Reinet is kritiek. Daar is boere wat sal water skenk, maar daar is ’n groot tekort aan houers. “Kom ons as Middelburg reik uit na ons buurdorp!” pleit Engela Kruger, voorsitter van die Middelburg Forum. Op die foto is Elsabé Pienaar, korrespondent van Mid-Karoo Express, en Kruger met twee 5-liter houers.


Mid-Karoo Express
moedig Middelburg-lesers aan om hierdie inisiatief te ondersteun.
Lees die volledige storie op bl. 3

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article