SOWAT 800 atlete van 48 skole en klubs het onlangs aan die jaarlikse Bestmed Madibaz Tams Top 10-atle-tiekbyeenkoms, wat deur die Hoërskool Cradock aangebied is, deelge-neem.

’n Span het bestaan uit ’n maksimum van 12 atlete wat seuns en meisies kan insluit. Elke atleet se uitslae, in ’n maksimum van twee items per atleet, word in die rekenaar ingevoer. Die tien beste prestasies per span word dan gebruik om die algehele wenner aan te wys.

Vanjaar het die Hoërskool Brandwag met ’n totaal van 8 646 APE–punte met die louere weggeloop. Kort op hulle hakke was die Hoërskool Despatch met 8 548 punte.

Die Madibaz-atletiekklub van die Nelson Mandela Universiteit het derde geëindig (8 182 punte), maar omdat dit eintlik ’n skoolkompetisie is, word Queen’s College derde geplaas met 8 087 punte.

Die beste prestasie deur ’n skoolatleet is deur Reze Coetzer (Hoërskool Despatch) in die hamergooi vir meisies o.15 behaal. Haar wenafstand van 54,16m was 956 punte werd. Sy was ook die beste meisiesatleet.

Die beste prestasie deur ’n seun is deur Nikithemba Hani van Queen’s College in die verspring vir o.19 gelewer.

Hy het 7,45 m ver in die put geland om sodoende 938 punte te behaal.

CHS het 18de van die skole met 7 017 punte geëindig. Die skool se topprestasie is deur Showan Mayeki, wat in die 200 m o.15 in ’n tyd van 23s ’n bronsmedalje gewen het en daarmee 774 punte aangeteken het. Hy het ook 11,44 s (729 punte) in die 100 m gehardloop vir ’n vierdie plek.

Haar tyd was 16,28s (751 punte). Stefan Kumm het tweede in die 400m hekkies seuns o.17 in ’n tyd van 65,66s (509 punte) gekom. Hy het ook die bronsmedalje in die 110m hekkies seuns o.17 in ’n tyd van 18,78 (553 punte) verower.

Dit was die 13de agtereenvolgende jaar dat die Cradock die byeenkoms aangebied het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article