Van links is Johannes de Jager (OVK TVB Somerset-Oos), André van Zyl (OVK afslaer), Jordi van Hasselt (teler), Andreas Nel (koper), Schalk Nel (koper) en Roche Jongkind (OVK TVB Steytlerville). Foto:VERSKAF


DIE Angora-ramveiling se seisoen het op 15 November met die eerste veiling in Somerset-Oos geopen.

Dit is histories die oudste Angora-ramveiling met die eerste veiling wat in 1954 gehou is. Meeste van die top stoetramme in die geskiedenis is tradisioneel op die veiling verhandel.

Schalk Nel en sy seun Andreas van Steytlerville het die hoogste prys betaal van R39 000 vir ’n uitstekende stoetram van Jordi en Gay van Hasselt van Prins Albert.

Stoetramme het teen ’n gemiddelde prys van R23 000 verhandel, terwyl bogemiddelde ramme teen R14 000 verkoop het. Goeie kudde ramme het gemiddeld R5 900 behaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article