INWONERS is een van ’n dorp se grootste bates en daarom is dit goed om hierdie bate te benut om die maksimum effek van enige herwinningsprogram te laat realiseer.
Dit is die mening van Bernie Dolley, besturende direkteur van Ikhala Trust wat opleiding bied in Asset Based Community Development. Hierdie projek in Hofmeyr is ’n sprekende voorbeeld van wat kan gebeur wanneer die menslike bates gebruik word om die omgewing te verfraai.
Onder dié menslike bates is Christene en Tertius Strydom van Terrie’s Herwinning, wat woeker om dié Karoodorp mooi en skoon te maak in samewerking met ander inwoners wat herwinbare items byme- kaarmaak.
“Sedert dié egpaar se aankoms in April 2021 op Hofmeyr het hul reeds vier trokke met ongeveer 13 ton elk versend vir herwinning,” sê Mariaan Schoeman, be- stuurslid van Hofmeyr Hugs of Hope.
Deelnemers werk in spanne om te help opruim en herwinbare produkte in te samel. Sakke word geweeg en betaling ge-skied volgens gewig. So word nie net die dorp skoongemaak nie, maar kan huis-houdings ook ’n ekstra inkomste verdien.
Volgens Tertius Strydom benodig hulle die volgende items vir die projek: streepsakke, gebruikte HD waterpype, blikkies, plastiek-koeldrankbottels, plastiek-verpakkings en karton. Geen glasbottels of melkbokse word ingeneem nie.
Vir meer inligting oor die herwinnings-projek bel 081 374 6052.


