AGRAMEX/BEUKENVELD het meer as 35 jaar gelede in Nederland begin as ’n internasionale in- en uitvoerhandelsmaatskappy, wat spesialiseer daarin om stropers, kuilvoermasjiene, trekkers en landbou-onderdele wêreldwyd uit te voer.
In 2010 het Julian Boom, ’n Nederlander, en Wilhelm Jordaan van die bekende Suid-Afrikaanse Spekboomberg-boerdery, Agramex SA begin om Afrika te bedien.
Die klein Suid-Afrikaanse besigheid het weens die tevredenheid van kliënte gegroei tot ’n volwaardige landboumasjinerie-verskaffer; en hul is ook nou deel van die Northmec-groep wat onder meer Welger, Jacto, Sitrex, Baldan, Storti en nog vele meer bekende fabrikate ver-koop. Agramex is ook die direkte invoerders van Joskin-misstrooiers en “slurry tanks” en versprei dit landwyd.
Metal-Fach-baalvurklaaiers, baal-oortreksels en -snyers word ook voorsien en Namyslo Ruddy-saadbed-voorbereidingsrollers, asook Cotesi hoë-ultraviolet-baalnet word ook van Europa ingevoer.
“Ons wat self boer luister graag na die behoeftes van boere en poog om die produk goedkoper aan u as boer te verskaf om u bedryfskoste met die heel nuutste tegnologie te verminder. Ons kan dít doen omdat ons direk elke drie weke ’n skeepshouer invoer.
“Ons meganisasie-afdeling bestaan uit drie goed-gekwalifiseerde werktuigkundiges wat elkeen in sy eie rigting spesialiseer en ons het goed toegeruste bakkies om landwyd ons kliënte te bedien,” het Jordaan gesê.
Agramex, tesame met BHBW, het ook Temo-parte na die Oos-Kaap gebring en spesialiseer in die verskaffing van “after market” onderdele vir alle trekkers, stropers, balers, snyers, spuite en bossiekappers teen die beste pryse. “Ons waarborg die kwaliteit.”
Agramex en Engen Fuels, met diensverskaffer East-Cape Fuels, bedien ook die omliggende dorpe met direkte dieselaflewerings en Engen-olies.
Agramex bestaan uit die volgende lede:
- Julian Boom en Wilhelm Jordaan
- Werkswinkelbestuurder – Deon Swanepoel
- Werktuigkundiges – Des Engelbrecht en Dave Reyersbach
- Addisionele werkswinkelassistent – Danie Smit, Sam Mthana en V. Nhlakaza
- Paneelklopper – Shawn van der Mecht en Jantjie Arosi
- Krediet- en debietafdeling – Hannelie Ferreira
- Onderdele – Gibson Munemo
- Dieselaflewerings – John Lynx
- Veldbeampte – Hannes Combrinck
Gaan loer gerus in by die Custom Motors-gebou, Oukop in Cradock vir die grootste verskeidenheid landbou-onderdele in die area.
Skakel 082 464 1575 of 087 550 1977 vir meer inligting tussen 09:00 en 17:00 Maandae tot Vrydae. – MEDEWERKER




