Geagte RedakteurHiermee wil die bestuur en personeel van die ACVV Middelburg Oos-Kaap al ons donateurs, helpers en ondersteuners bedank vir hul bydrae tydens die Middelburg-skou wat die naweek van 1 en 2 Maart 2019 gehou is.
Jul bydraes, van watter aard ookal, word opreg waardeer. Sonder u bydraes kan die ACVV nie tot diens van die Middelburg-gemeenskap wees nie.
Indien u sou belangstel om deel te word van hierdie gemeenskapsdiens, kan u gerus die kantoor kontak op 049 842 3063.
Petru Els
Administratiewe BeampteACVV Middelburg



