DIE ACVV Cradock het ’n projek geloods om die groot behoefte aan pleegsorg- dienste vir kinders wat ouers as 12 jaar is te lewer.
Volgens die ACVV doen kinderhuise in die provinsie geen opnames vir kinders bo die ouderdom van 12 jaar nie.
Die grootste struikelblok om dienste te lewer in die Oos-Kaap is dat daar geen hulpbronne is vir kinders tussen 12 en 18 jaar wat wees is of wat sorgbehoewend bevind word deur die hof nie.
Om die probleem aan te spreek het die ACVV ’n huis in Cradock geoormerk vir pleegsorg, sowel as ’n plek van veiligheid.
Die projek is tweeledig. Dit sal dien as ’n pleegsorghuis waar ses pleegkinders binne die gemeenskap kan skoolgaan en ’n “huis” ervaar, asook ’n Plek van Vei-ligheid wat dringende verwydering/optrede noodsaak, en waar die kind veilig is tot wanneer die Hof besluit waarheen die betrokke kind sal gaan.
Enigiemand wat betrokke wil raak by die projek kan vir Rika of Carin by die ACVV Kantoor skakel by 048 881 3113 of vir Benita Moolman by 083 227 8768.
