DIE ACVV is ’n welsynorganisasie wat nie deel is van die staat nie. Die staat betaal wel 50% van die maatskaplike werkers se salarisse en moet hul programme in die dorp en woonbuurte aanbied, soos ’n poppekas oor mishandeling en seksuele teistering. Hul doen ook die hele gemeenskap se pleegsorg-afde-ling. Verder is hul in die dorp by skole en ge-sinne betrokke.

Die gemeenskap is nie altyd bewus dat die ACVV ’n nie-winsgewende organisasie is en dat daar in die kantoor twee maatskaplike werkers is, ’n hulpwerker en ’n sekretaresse. Daar is op die oomblik sewe persone wat vrywillig hul hulp aanbied.

Hierdie 10 persone moet daagliks besluite neem oor die gemeenskap se kinders wat in nood is. Hulle moet die kostes betaal om die kinders vir sielkundige berading te neem, dwelm toetse betaal en die vervoer na PE toe en terug as kinders in kinderhuise geplaas moet word. Dit is maar ’n paar van die maandelikse kostes. Kospakkies moet gegee word, klere vir nood en so kan ons aangaan met die lys.s

Ons sal so dankbaar wees as die gemeenskap hande vat en saamwerk om dit vir ons makliker te maak. Die kantoor is so afhanklik van die gemeenskap se bydraes, betrokkenheid en goedgesindheid. Die verantwoorde-likheid is net te veel vir ’n paar mense.

Die kantoor het al ’n paar jaar ’n behoefte vir ’n kinderhuis of plek van veiligheid. Die twee maatskaplike werkers kom byna daag-liks by gesinne en skole waar drank- en dwelmmisbruik, seksuele teistering en mishandeling voorkom. Party kinders moet onmiddellik verwyder word as gevolg van die omstandighede waarin hul is en na ’n plek van veiligheid geneem word.

Hier is nie ’n plek in die Oos-Kaap wat kinders ouer as 12 jaar opneem nie Jy kan na ’n kinderhuis toe geneem word as jy jonger is en dan bly tot 18 jaar. Maar jy word nie opgeneem as jy ouer as 12 is nie. Dit is nog ’n laerskool-kind en waar moet die maatskaplike werkers met hul gaan? Daar is tans ’n gesin met ’n sussie en twee boeties – twee kan opgeneem word in die kinderhuis, maar een is te oud. Hul word nie eens bymekaar gehou nie.

Ons het ’n huis in Cradock wat ideaal is vir ’n kinderhuis/plek van veiligheid en dit sal dit soveel makliker maak dat ons hul in ’n veilige omgewing kan laat woon, in hul bekende omgewing kan aangaan met skoolopleiding, hul na-ure help met huiswerk en probeer om ’n huis te skep vol liefde en vreugde en natuurlik . . . vol magies.

Kom gesels met ons. Ek kan nie in die koe-rant al die hartseer vertel nie, maar daar is regtig groot nood en hartseer in Cradock.

Benita Moolman

ACVV Cradock

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article