DIE departement van menslike nedersettings het ’n behuisingsprojek in Aberdeen goedgekeur.

Anna Ninge gaan ’n HOP-huis ontvang. Foto:VERSKAF

Ná verskeie jare van onderhandelinge en insette van amptenare en raadslede van Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit, het die departement goedkeuring verleen vir die implementasie van die Aberdeen Hawelose Behuisingsprojek.

Ikhaya Development Trust is deur die departement as kontrakteur vir die projek aangewys en is op Maandag, 15 Julie aan die munisipale raad en begunstig-des voorgestel.

Die projek behels die oprigting van twee HOP-huise van 40m2  elk vir onderskeidelik ’n pensioenaris van die dorp, Anna Ninge, en Piet Neyssen, ’n ge-stremde persoon.

Bouwerk sal op 1 Augustus begin, en behoort teen 30 September voltooi te wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article