Abe van Heerden en sy seun Abri. Foto:verskaf


OOM Abe van Heerden , inwoner van die Marais Steyn-huis vir bejaardes op Steynsburg, het die afgelope na-week sy 85ste verjaardag gevier.

Hy was bevoorreg om sy seun Abri en skoondogter Marina by hom te hê met die geleentheid. Hulle het vanaf Hartswater gereis om die dag saam met hom deur te bring.

Oom Abe woon reeds die afgelope drie-en-’n-half jaar in MSH.

Op die oomblik ervaar hy goeie ge-sondheid, en hy gaan ook gereeld uit om saam met vriende te kuier.

Sy kinders het hom vir die dag uitgeneem en ’n gesellige braai by Desi Anderson, ’n goeie vriendin, gehou ter viering van die verjaardag.

Oom Abe het vroeër as assessor by die Steynsburg-landdroskantoor gewerk en het ook ’n pos as boekhouer by Steynsburg-afslaers beklee voordat hy afgetree het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article