CHS se hoofleiers staan saam met die top vyf leerders van die gr. 8-dastoetse. Van links is, Shané de Waal (hoofmeisie), Lehanie Marais, Corina Erasmus, Jan-Hendrik Bezuidenhout, Nicola Koegelenberg, Jané de Klerk en Chuma Dilima (hoofseun).FOTO:VERSKAF


OP Dinsdag, 13 Februarie het die nuwe gr. 8-leerders van die Hoërskool Cradock aan ’n tradisie deelgeneem wat reeds etlike jare by CHS beoefen word.

Ná afloop van hul oriëntasie en inburgering tot hoërskoollewe, het dié leerders hul dastoetse afgelê.

Hierdie toetse handel oor die skool, die skool se geskiedenis, aktiwiteite, personeel sowel as algemene inligting wat elke nuwe leerder moet weet.

Leerders wat hierdie toetse slaag, ontvang dan tydens ’n saalbyeenkoms hul skooldasse.

Hoewel die toetse te moeilik geblyk het vir sommige leerders was die algemene uitslag en ingesteldheid van die groep verblydend om te sien.

Die top 5 leerders in die dastoetse was Lehanie Marais, Corina Erasmus, Jan-Hendrk Bezuidenhout, Nicola Koegelenberg en Jané de Klerk.

Diegene wat nie in hul eerste pogings ge-slaag het nie, sal in ’n latere stadium die ge-leentheid kry om ’n verdere toets af te lê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article