Neville Rapp. Foto:WILNA DE KLERK


NEVILLE Rapp is ’n plaaslike inwoner van Cradock wat vir baie jare in die motorbedryf betrokke was.

Sedert sy vrou ’n jaar of wat gelede ’n tuisnywerheid op die dorp oopgemaak het, is hy 100% in die kosbedryf werksaam en dra hy self ook by tot die heerlike geregte wat in die winkel aangebied word.

Hy het met Mid-Karoo Express se besoek ingestem om een van sy resepte met lesers te deel.

Gesonde lensie-en-gortslaai

Bestanddele

1 pak gort

½ pak lensies

1½ bottels romerige slaaisous (mayonnaise)

1 rooi ui, fyn gekap

Sout en peper na smaak

1 groen rissie, fyn gekap

3 eetlepels kondensmelk

Gemengde droë kruie na smaak

Metode:

  • Kook die gort vir 30 minute.
  • Voeg die lensies by en kook vir ’n verdere 30 minute.
  • Gooi dit deur vergieter en koel dit dadelik onder lopende koue water af.
  • Meng al die ander bestanddele saam en meng dit met die afgekoelde lensies en gort.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article