Wiid Bruwer. Foto:Deonette Haggard


WIID Bruwer, eienaar van die Selfhelp-tuis-nywerheid op Somerset-Oos, is nie suinig met sy resepte nie. Hy deel graag ’n skonsresep omdat die meeste mense altyd kla dat hulle nie skons kan bak nie.

Dié oulike winkel is al vanaf 1 Mei 2000 aan die gang en Wiid sê hulle kan nie voorbly om lekkernye aan die publiek te verskaf nie. Saam met hom is daar nog vyf ander dames wat help om die rakke vol te hou.

Skons in kolwyntjiepan

Bestanddele

Sif saam:

3 koppies bruismeel

1 teelepel bakpoeier

1 teelepel sout

1 teelepel suiker

Klits saam:

1 koppie joghurt (ongegeur) of maaskaas

½ koppie olie

2 eiers

Meng alles saam – sny nie roer nie

Skep holtetjies ¾ vol

Bak in oond teen 180°C tot ligbruin bo-op

Die resep lewer 12 skons.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article