CRADOCK se Karoo Kosfees het vanjaar begin met opwindende skemerkelkies en smulhappies in Karoo Brew, die pizza- en koffiekroeg van Frans en Melina Smit in Durbanstraat.
Die gesellige aand, wat goed bygewoon is, het begin met Wixworth Renosterbos Gintail with pomegranate ice-skemerkelkies wat met tussenposes afgewissel is met Karoo Morning Mojito en Espresso Martinis.
Die eethappies wat tussen-in bedien is, het ook eksotiese name soos onder meer Bomboo Cones with tsantsiki, cumin lamb koftas, Foccacia el fresco met rokerige beesfilet en veel meer gepryk.
Die genotvolle aand is afge-sluit met gemmeragtige koeksisters, donkersjokolade-truffels en groenvy-pavlovas.



