Drie van CHS se redenaars is gekies om deur te gaan na die volgende ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie. Lutha Majiba, Ian Schoeman en Emihle Bunu sal die Hoërskool Cradock later vanjaar verteen- woordig in George.FOTO: VERSKAF


REDENAARS van die Hoërskool Cradock het onlangs deelgeneem aan die ATKV-Redenaarskompetisie in Port Elizabeth.

Leerders van regoor die provinsie het deelgeneem en alhoewel die kompetisie groot was het CHS se redenaars puik uitslae gelewer.

Ian Schoeman het deelgeneem in die afdeling vir Onvoorbereide toesprake vir Afrikaans Huistaal, terwyl Lutha Majiba en Emihle Bunu beide deelgeneem het in die Voorbereide toesprake vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Hierdie drie leerders is gekies om deur te gaan na die tweede ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie wat later vanjaar in George plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article