Soos elke jaar met die Bedford-tuinfees het die vroue van Hofmeyr weer motors volgemaak en vir die dag die tuine van Bedford gaan besigtig. Hulle is dit eens dat die tuine vanjaar weer asemrowend was. Talle plantjies sal in die komende week in Hofmeyr-grond oorgeplant word om die plaaslike spogtuine ook mooier te maak. Van links is Erina Roux, Jeannie du Pisani en Retha Smit. Foto: OBRÉ VAN HEERDEN


SOOS elke jaar met die Bedford Tuinfees, het die vroue van Hofmeyr weer motors volgemaak en vir dag die tuine van Bedford gaan besigtig.

Planne word gewoonlik maande vooruit gemaak sodat elkeen wat iewers wil inklouter, weet hoe laat hul waar gereed moet staan en wag, en dan moet elkeen ook verantwoordelikheid neem om by te dra tot brandstofkoste. Vroegoggend as die dag breek, is die vroue van Hofmeyr al oppad na Bedford om die tuine te gaan bekyk, en as die son sak, kom hulle terug met hul motors se bagasieruimtes en dubbelkajuitbakkies se vragruime vol plante.

Hul rapporteer terug dat die tuine hierdie jaar weer asemrowend was, maar dat hul vroegoggend koud gekry het. Later in die dag het die dag gelukkig gesellig warmer geword. Talle plantjies sal in die komende week in Hofmeyrgrond oorgeplant word om die plaaslike spogtuine ook mooier te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article