Juan (8) se kunswerk word in Santam se 2019-kalender verewig

Juan van der Walt se kunswerk “Selfportret van ‘n Skrywer” gaan in Sanlam se 2019-kalender verskyn. Foto:VERSKAF


ILZE Potgieter van Art&Craft4Kidz op Middelburg kan met trots spog nadat een van die drie jong kunstenaars wat deur haar bekwame en kunstige leiding aan die landwye Santam-kunskompetisie deelgeneem het, se kunswerk gekies is om in die Santam 2019-kalender verewig te word.

Die agtjarige Juan van der Walt het met sy kunswerk gewen en dit gaan in Santam se 2019-kalender verskyn. Juan het ook tydens die Eisteddfod by Aliwal-Noord uitstekend gevaar.

Dit is vir Potgieter asook Juan en sy ouers, SP en Lize van der Walt van die Middelburg/Noupoort-distrik ’n groot prestasie.

Die naam van sy kunswerk is “Selfportret van ’n skrywer”.

Verder het een van Art& Craft4Kidz se senior studente, Dehan van der Walt, ook uitstekend by die Karoo Eisteddfod in Aliwal- Noord gevaar.

Dehan (gr. 8) het die algehele prys vir sy ouderdomsgroep vir twee-dimensionele kuns gewen en het die uitstekende prestasies van onderskeidelik 97% en 96% behaal.

Dehan is die seun van Sarel en René van der Walt (ook in die Middelburg-distrik) en het ’n ongelooflike talent om ’n voorwerp met die vryhand te teken en dit dan te laat lewe kry.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article