’n TOTAAL van 10 atlete van die Hoër Volkskool het aan die Jim Fouché Uitnodigingsbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem.
’n Sterk wind het die prestasies van die atlete beïnvloed. Deelname by hierdie byeenkoms is in die 2019 ouderdomsgroepe.
Marni van der Merwe het die 100m en 200m in die meisies o.16-span afdeling gewen. Haar tye was onderskeidelik 13,24 sekondes en 27,03 sekondes.
Caryn Swartz het ’n eerste plek behaal in verspring in die meisie o.19-span met ’n afstand van 5,14 meter. Sy was ook derde in die 100m in ’n tyd van 13,46 sekondes.
Jay-Dee Jooste het tweede geëindig in die hoogspring seuns o.19-span met 1,85 meter. Hy het ook ’n derde plek in driesprong met 12,92 meter behaal.
Francois van Heerden was tweede in spiesgooi in die seuns o.17-span met ’n afstand van 48,54 meter.
In die hoogspring vir meisies o.16-span, het Dané Thiart derde met ’n hoogte van 1,35 meter geëindig.
Volkskool is baie trots op sy medaljes-oes van drie goud, twee silwer en vier brons.




