GARETH Vorster, oud-leerder van die Hoërskool Cradock, wat al uitstekend in twee-, drie- en vyfkamp presteer het, het onlangs só goed presteer dat hy nou kan aanspraak maak op die Suid-Afrikaanse tweekamprekord.

Vorster het 2 251 punte by die interpro-vinsiale tweekamp-kompetisie vir senior mans in Port Elizabeth verower en daarmee die Suid-Afrikaanse rekord verbeter. Die rekord moet nog erken word.

Hy is onlangs by Nelson Mandela-universiteit aangewys as die swemmer wat die meeste vordering getoon het. Hy het ook gekwalifiseer om aan die 100 meter-rugslag by die Suid-Afrikaanse jeugbyeenkoms deel te neem en sal ook volgende jaar in April aan die senior Suid-Afrikaanse byeenkoms in 50 meter-rugslag deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article