Die Laerskool Gill het op 18 Oktober hulle prysuitdeling gehou. Hier verskyn die bekerwenners vir 2018. Agter van links is Nina de Klerk (leierskap – hoofmeisie, netbalspeler van die jaar, sportvrou van die jaar), Jan-Theo van Tonder (Victor Lodorum: atletiek, sportman van die jaar), Henco Coetzee (senior skaakkampioen, Gilliaan van die jaar: seun) en John de Vos (algemene kennis wenner). In die middel van links is Jaco Williams (beste vordering in krieket, rugbyspeler van die jaar), Banoyolo Mtengwana (Gilliaan van die Jaar: meisie), Maryke du Raan (senior redenaars, tweetaligheid, meisiestennis, beste vordering in hokkie, veelsydige sportmeisie, Dux-leerder), Lali de klerk (Victrix Lodorum: swem, junior sportmeisie), Nicola Janse van Rensburg (beste vordering in tennis), Casli Marsh (Victrix Lodorum: atletiek) en Conrad Botha (leierskap – hoofseun, seunstennis, veelsydige sportman). Voor van links is Jaco Troskie (Victor Lodorum: swem), Rudolph-Hein van Eeden (beste vordering in tennis, junior sportman), Zack Fick (beste vordering in musiek), Lara Lötz (junior redenaars), Chris de Wet (beste prestasie in musiek) en Cara Nel (beste vordering: junior hokkie). Foto:VERSKAF


DIE Laerskool Gill in Somerset-Oos het op 18 Oktober hulle jaarlikse prysuitdeling aangebied.

Dit was weer eens ’n spoggeleentheid waar leerders van die Laerskool Gill die geleentheid gekry het om met hulle pragtige prestasies deur die jaar te spog. Elke leerder het ’n sertifikaat ontvang vir hulle deurlopende harde werk en deelname.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article