Willem Botha gaan volgende jaar die pad vat saam met Franja du Plessis vir die eerste Top 20-toer. Foto: VERSKAF


VOLGENDE jaar merk die afskop van die heel eerste Top 20-toer.

Vir dié wat nie weet nie – Top 20 is een van die top TV-programme op kykNET NOU! en kuier elke Vrydagaand om 20:00 saam met kykers.

Aanbieder Willem Botha kuier saam met musiekvriende in die ateljee en tel die week se top 20 musiekvideo’s af. Natuurlik kan enigeen weekliks saamkuier op kanaal 146 op DStv.

Maar nou gaan Top 20-aanbieder Willem Botha die pad saam met die talentvolle Franja du Plessis vat. Saam gaan dié twee gehore vermaak met ’n gatskop vertoning gevul met oudiovisuele elemente en natuurlik al die treffers wat aanhangers wil hoor.

Hulle is volgende jaar in aksie vanaf Centurion tot in George tussen 23 Februarie en 6 Maart met 10 konserte en 20 besoeke aan skole.
Die plaaslike toerdatums is as volg:

  • 27 Februarie by die Laerskool Cradock
  • 28 Februarie by die Laer Volkskool in Graaff-Reinet
  • 4 Maart by die Hoërskool Middelburg

Vir meer inligting rondom die toerdatums, besoek www.top20toer.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article