DIE Hoërskool Cradock en die skool se drie koshuise word van gister af (28 November) oorval deur ongeveer 400 besoekers wat die volgende week besig gaan wees met die nasien van matriek-eksamenvraestelle.
Volgens ’n woordvoerder van die skool was die administratiewe per- soneel reeds Woensdagaand om 18:00 op die dorp verwag.
Die eksamen-assistente sluit vandag by hulle aan, terwyl die bestuur van die merkers vanmiddag sal kom aanmeld.
Die merkers arriveer Saterdag, 1 Desember en van Sondagoggend, 2 Desember sal die nasien van gr. 12-leerders se biologie 1 en Afrikaans eerste addisionale vraestelle in alle erns begin.
Sowat 400 persone is by die nasiensentrum betrokke en al twee koshuise van Hoërskool Cradock en Laerskool Cradock sal gebruik word.

