COBIE Koen, seun van Cobus en Jeanet Koen van Middelburg, het onlangs sy STR-eksamens geslaag.
Cobie het in 2014 aan die Hoërskool Middelburg gema-trikuleer, waarna hy verder by Kovsies gaan studeer het.
In 2017 verwerf hy sy B.Rek-graad aan die Universiteit van die Vrystaat en het hy nou in 2018 sy honneurs geslaag. Vroeg volgende jaar gaan Cobie sy eerste raadseksamen aflê, waarna hy dan op 1 Februarie 2019 by die ouditeursfirma Mazars in Bloemfontein gaan begin werk.
Deur sy hardwerkendheid en pligsgetroue studies het hy in 2017 en 2018 die Golden Key-toekenning by die Universiteit van die Vrystaat vir sy akademiese prestasies ontvang.



