SOOS elke jaar was die Debutantebal van die William Oates Laerskool weer eens ’n groot en heerlike sukses.
Die bal is een van die hoogtepunte op die skool se kalender en groot opgewon-denheid heers sodra die oefeninge om te leer om “mooi” te loop, begin.
Die deelnemers het almal pragtig gelyk in hul beste en mooiste uitrus-tings en die beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners aan te wys.
Besoekers en deelnemers het die aand ten volle geniet en daar is ook lekker gedans.
Almal wat deelgeneem het aan hierdie besonderse aand sal dit nog lank onthou.




