SEVEN Stones-ontwikkelaars het verlede Vrydagaand hul nuwe behuisingsprojek by The Palms in Cradock kom bekendstel.
Volgens ’n woordvoerder van die maat-skappy begin hulle aanvanklik met die bou van agt verskillende eenhede, sodat voornemende kopers kan sien waaruit hulle kan kies.
Die huise word voorlopig volgens ’n standaard ontwerp gebou sodat kopers kan aanbou namate hul gesinne groei.
Die projek sal werkskepping aanmoedig aangesien hulle met ’n plaaslike kontrakteur werk en ook van plaaslike arbeid gaan gebruik maak.


