< Op Fort Beaufort word grafte nou omhein om grafstene teen diere wat hulle omstoot te beskerm. Foto: NOLAN VENTER


VANDALISME in die Fort Beaufort dorpskerkhof, deur rondloperdiere en mense, het daartoe gelei dat baie naasbestaandes die grafte van hul geliefdes deesdae met ’n staalheining omhein om dit te probeer beskerm.

Dit wil voorkom asof die rusplek van die dooies rondloperdiere se geliefkoosde uithangplek is.

Met Mid-Karoo Express se besoek aan die dorpskerkhof was ’n paar beeste reeds besig om hulself teen van die onomheinde grafte se grafstene te skuur.

Talle grafstene het al reeds as gevolg van die diere se gewig omgeval en naasbestaandes moes dit ten duurste weer oprig.

Dis nie slegs diere wat grafte beskadig nie, maar ook mense maak hulle aan hierdie euwel skuldig.

Op Komani (voorheen Queenstown) is ’n muur van herinnering in die dorpsbegraafplaas erg beskadig en die as van oorledenes op die grond gestrooi.

’n Besoeker aan die Fort Beaufort begraafplaas het opgemerk dat dit hartseer is dat hul geliefdes nou selfs in hul rusplek “agter slot en grendel moet wees.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article