MIDDELLAND Senior Sekondêre Skool in Midros (Middelburg) is trots op Quinton Mlungwana, hul top matrikulant van 2018.
Om met 86% in fisiese wetenskappe te spog, is voorwaar ’n besonderse prestasie.
Van die skool se 83 gr. 12-leerders het 60 geslaag. Daar is ’n 100%-slaagsyfer in Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, verbruikerstudies en geskiedenis behaal.
Die skool bars tans uit sy nate met onge-veer 300 gr. 8-leerders wat vir 2019 ingeskryf het. Altesaam 129 matrikulante is geregistreer, terwyl daar in gr. 10 ook ongeveer 300 leerders geregistreer is.
Die eerste groot gebeurtenis op MSSS se kalender waarna leerders, sowel as ouers baie uitsien, is die interhuis-atletiekbyeenkoms wat op Donderdag, 17 Januarie by Midros se sportgronde gaan plaasvind.
Dit word dan opgevolg deur die sone-dorpsatletiekbyeenkoms wat op Saterdag, 26 Januarie sal plaasvind.




