NÁ 30 jaar se toewyding en leiding by Haystead en Ford op Middelburg, word dr. Pierre Botha nou sy aftrede gegun.
In totaal was hy altesaam 41 jaar in diens van die Herholdt Groep.
Botha het sy loopbaan as verkoopsman in 1977 by die Herholdt Groep-meubelwinkel begin. As gevolg van sy lojaliteit, goeie menseverhoudings en dryfkrag, is hy ’n jaar later tot die takbestuurder op Colesberg bevorder.
Vandaar is hy spoedig weer tot takbe- stuurder by Beaufort-Wes bevorder, waar hy sy span tot groot hoogtes bestuur en ge-lei het. In 1988 is Pierre tot bestuurder van die groothandelwinkel van Haystead en Ford op Middelburg bevorder, waar hy la-ter tot direkteur bevorder is.
Vir ongeveer 20 jaar reeds bedien Haystead en Ford as groothandelaar dorpe in die Karoo wat Aliwal-Noord, Burgersdorp, De Aar, Carnarvon, Philipstown, Hanover, Richmond, Colesberg, Noupoort en Steynsburg insluit.
Danksy Pierre se sakekennis is Haystead en Ford een van die streek se top groothandelaars.



