In die foto is, van links, Jody, Herry en Jane Appel op hul eerste skooldag by Schoombee Primêre Skool. FOTO: TERESA OPPERMAN


ELNA Jordaan, skoolhoof van die Schoombee Primêre Skool in Hofmeyr, berig dat daar 20 nuwe leerders in hul gr. 0-klassie (pre-graad R) vanjaar ingeskryf is.

Groot opgewondenheid het ook geheers op die eerste skooldag, veral toe die identiese tweeling, Jody en Jane Appel, saam met hul boetie Herry Appel (gr. 3), opgedaag het vir skool.

Die tweeling was aanvanklik effe benoud en vreemd en Herry het sy hande vol gehad, maar mettertyd het hulle ook lekker inge-skakel by die bedrywighede so op die eerste skooldag. Hul klasjuffrou, Adéle Vermaak, het laat weet dat dié tweetjies nou dolgelukkig is in die klas.

Sy gaan aanvanklik moet gebruik maak van naamkaartjies om die twee uitmekaar te ken.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article