OP Woensdag, 16 Januarie was daar groot opgewondenheid toe die Laerskool Cradock met ’n massadeelname hul jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms met ’n oggendbyeenkoms begin het.
Die leerders is vooraf in hul kleurgroepe – blou en rooi – verdeel. Die rasieleiers het gesorg vir goeie gees onder die leerders en daar was “sing-songs” voor die tyd geoefen.
Die dag het sommer vroeg begin. Die leerders het op die pawiljoen in hul onderskeie kleurgroepe gesit en onder leiding van hul rasieleiers was daar eers bietjie gees gevang.
Teen 06:30 het die eerste skoot geklap.
Die leerders het aan verskeie baan- en velditems deelgeneem. Die meeste van die leerders van die skool het deelgeneem en daar was selfs by die 80m sewe uitdunne per ouderdomsgroep.
Die atlete het goed gevaar en die volgende atlete het rekords verbeter:
Meisies:
Melea Karsten (o.10 – 1 200m); Ameli Theron (o.11 – 1 200m); Buhle Mgqibela (o.12 – 100m); Shani Coetzee (o.12 – verspring); Miré Hattingh (o.12 – gewigstoot) en Vivica Blou (o.13 – 200m).
Seuns:
Jan-Louis Moolman (o.10 – 1 200m); David de Klerk (o.10 – 70mH); Torin Smith (o.10 – hoogspring); Johan Karsten (o.11 – 80m); Johan Karsten (o.11 – verspring); Alexander Labuscagne (o.11 – 1 200m); Paul Steyn (o.12 – 100m); Paul Steyn (o.12 – 1 200m); Paul Steyn (o.12 – 75mH); Pierre Marais (o.12 – 150mH); Hentus Kitchen (o.12 – hoogspring); Allessandro Hufkie (o.13 – 100m); Allessandro Hufkie (o.13 – 200m) en Fanie Alberts (o.13 – hoogspring).
Aan die einde van die byeenkoms het al die leerders van die skool die geleentheid gehad om aan die aflosse deel te neem. Dit was ’n massadeelname en die gr. 7-seuns het met 17 aflosspanne gespog.
Daar was ook weer geleentheid vir dame- en mansspanne. Die leerders het dit geniet om te sien hoe ouers en onderwysers aan die aflosse deelneem.
Die Laerskool Cradock het al die ouers en personeel wat hierdie dag moontlik gemaak het, bedank.




