Karel Theron Primêr se atlete wat na die distrik-atletiekbyeenkoms deurgedring het, wat die naweek sal plaasvind. foto:VERSKAF


ALTESAAM 95 atlete van die Primêre Skool Karel Theron op Middelburg het op 25 Januarie aan die laerskole dorp-atletiekbyeenkoms op Midros deelgeneem.

Die leerders het in verskeie items deelgeneem, waar ’n paar atlete baie goed presteer het.

Hierdie atlete het teen al die laerskole in Middelburg meegeding. By die byeenkoms is heelwat van die skool se atlete gekies om die skool en dorp te verteenwoordig in Cradock by die Cradock-distrikatletiekbyeenkoms wat môre (1 Februarie) plaasvind.

Die skool het hul hartlike dank aan al die ouers vir hul ondersteuning aan die atlete en skool tydens hierdie byeenkoms, uitge-spreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article