Van links is Anny Steyn, Lou Venter en Wanda du Plessis. Foto:WILNA DE KLERK


CRADOCK se plaaslike kunstenaars wat verlede jaar ’n baie suksesvolle uitstalling van hulle werk gehou het, gaan vanjaar weer die publiek geleentheid gee om hulle talent te geniet.

Vanjaar word belangstellendes uitgenooi na die opening van ’n permanente uitstalling wat in Cathy’s Gastehuis, die geskiedkundige Cawoodsraat 106, sal plaasvind. Die funksie sal op 15 Februarie om 18:30 begin en gaste word genooi om ’n glasie wyn te kom geniet.

Die uitstalling sal ná die opening van Maandae tot Vrydae tussen 12:00 tot 18:00 op permanente uitstalling in die gang en sitkamer van die gastehuis te sien wees.

Skilders het voor verlede jaar se uitstalling gekonsentreer op Karoo-tonele, maar vanjaar kan belangstellendes uitsien na figuurstudies, landskappe en meer volgens elke skilder se voorkeur.

Daar het vanjaar ook twee jong skilders by die groep aangesluit. Hulle is Jané de Klerk en Mariné le Roux, albei 15 jaar oud. Ander lede van die groep wat gaan uitstal is instrukteur Lou Venter, Wanda du Plessis, Anny Steyn, Salome Goosen en Nerina Erasmus.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article