< Agter is Laura Adam (voorsitter van Cradock Kankersorg) en Joan van Heerden (kankersorg verpleegster), en voor is Connie Faber en Hannie Visser met hul nuwe rolstoele. Foto:WILNA DE KLERK


Cradock Kankersorg, wat na die belange van kankerlyers omsien, het ook na die gemeenskap uitgereik en twee van hulle rolstoele wat in onbruik geraak het, aan twee verdienstelike inwoners van Michausdal oorhandig.

Die ontvangers van die twee stoele is Connie Faber (60) wat reeds albei sy bene en ’n vinger verloor het, en wat by sy suster inwoon, en Hannie Visser (46), ’n ma van vier kinders, wat ’n ernstige beroerte gehad het. – WILNA DE KLERK

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article