DIE Laerskool Cradock bars omtrent uit sy nate met ’n leerdertal wat van 2016 tot vanjaar met 16% (van 393 tot 456 leerders) gegroei het.

Volgens Marietjie Maree, die skoolhoof, is hulle baie dankbaar vir die sukses. Sy het dit toegeskryf aan haar span leerkragte, asook die blootstelling wat die skool deur die TV-reeks, Spoorloos, ontvang het. Sy het gesê dit is nie net die gebou wat as die film se skool gebruik is nie, maar ook die kermis in die fliek wat deur hulle gereël is.

“En dan het die skool se leerders en oud-leerders, Niel Slabbert, Charl Fleurs, Ineke van der Merwe, Jandré du Toit en Frikkie Botha almal in ons skool se skooldrag ook so ’n goeie vertoning in die TV-reeks gelewer,” het sy gesê.

Die gemeenskap wat Spoorloos baie geniet het, is dit eens dat hulle uitsien na ’n tweede reeks.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article