Gill-Kollege het onlangs hulle nuwe gr. 8’s ingelyf. Foto:VERSKAF


DIE nuwe, trotse gr. 8’s van Gill-Kollege op Somerset-Oos, het op 22 Januarie hulle Gill-baadjies van die senior leerders ontvang.

Uiteindelik was hulle verlos van lawwe goed soos plastieksakke om hulle skoene, bokse en knoffel wat hulle moes ronddra. Op hierdie stadium ken hulle al die skoolrooster, weet waar hulle klasse is, ken ook die skoollied en weet wie dr. Gill is.

Die skoolhoof, Shirley Slater-Billett, en die twee hoofleiers, Jade Latola en Lily Weyer-Schneider, het eerste op die balkon verskyn voordat die nuwelinge, vergesel van ’n boodskap en gebed, op hulle toekomspad geplaas is. Uiteindelik in volle skooldrag sing hulle dan die skoollied. Hierna is die nuwelinge deur die skoolhoof ge-cap met die tradisionele “cheesecutter” of strooihoed. – DEONETTE HAGGARD

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article