DIE Hoërskool Middelburg het op Donderdag, 31 Januarie op Burgersdorp ’n T20-krieketwedstryd teen Burgersdorp gespeel. Middies het eerste gekolf en 160 lopies behaal.
Adrian Joubert teken 105 lopies (waaronder 16 viere en 6 sesse) van slegs 48 balle aan. Roberto Chill vat drie paaltjies van 18 lopies. Burgersdorp teken 87 lopies aan.
Tydens die Winterberg-ligawedstryd wat 26 Januarie plaasgevind het, het Middelburg vir Winterberg met twee paaltjies gewen.
Winterberg het eerste gekolf en 130 lopies in die 45-beurt-wedstryd aange-teken. Dean Strumphe en Adrian Joubert het drie paaltjies geneem.
Middies maak 131 lopies in die 33ste kolfbeurt. Die krieketwedstryd wat op Saterdag, 2 Februarie teen die Hoër Volkskool op Middelburg sou plaasvind, is weens die reën en ’n sopnat krieketveld afgestel.



