Wilana Wolfaardt tydens haar deelname aan die nasionale Protea-ruiterkunsproewe. Foto:FLAMING FIRE PHOTOGRAPHY


WILANA Wolfaardt en Izabeth Smit van Middelburg het vanaf 24 tot 26 Januarie aan die nasionale Protea-ruiterkunsproewe in Parys in die Vrystaat gaan deelneem.

Die twee bekwame ruiters het die OP-ruiterspan verteenwoordig. Ongeveer 35 ruiters het aan die proewe deelgeneem. Die onderskeie provinsies het teen mekaar meegeding waartydens die top 18 ruiters ook tydens die geleentheid gekies is.

Smit beklee tans ’n vierde plek in die drie- en vyfgangklas van die OP-span, met Wolfaardt in die vyfde plek. Die Oostelike Provinsie het derde in die proewe geëindig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article