Tanya Erasmus (vlak 3) wys die nuwelinge hoe om ’n verstuite enkel te verbind. Saam met haar is, van links, Jan-Hendrik Bezuidenhout, Corina Erasmus, Minke de Wet, Anke Steinberg en Desireé-Anne Pienaar. Foto:VERSKAF


DIE Hoërskool Cradock het op 14 Februarie die inisiatief geneem om self ’n noodhulp-opleidingsessie vir hul nuwe lede aan te bied.

Die skool het tans ses leerders wat reeds hul vlak 3-noodhulpkwalifikasie behaal het en hulle het onder die leiding van Tiaan Barendse die sessie aangebied.

Die opleidingsessie is ’n jaarlikse instelling wat vanjaar vir die derde keer aangebied is.

Ongeveer 30 opgewonde leerders het in warm toestande aan die opleiding deelgeneem.

Daar is op algemene sportbeserings wat leerders tydens die sportseisoen opdoen, gefokus. Hulle het onder meer geleer om gewrig- en enkelbeserings, gebreekte bene, krampe, kop- en nekbeserings te behandel asook die herstelposisie en hoe om ’n persoon op ’n trauma-bord te plaas.

Die Hoërskool Cradock het elke jaar ’n bekwame noodhulpspan wat uit ongeveer 40 toegewyde en passievolle leerders bestaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article