HOFMEYR-ruiter, JF Burger, het tydens die onlangse Tarkastad-skou sy dorp se naam hoog gehou deur as wenner van die terapeutiese klas gekroon te word.
JF is ’n ruiter by die Joy for Grace-stalle van Thalene Burger.
Zettie Jordaan is sy afrigter.
Beoordelaars was dit eens dat JF sy perd, Smallies Bobby, uiters goed kon beheer, terwyl hy sy vaardigheid ten toon gestel het.
JF se ponie, Shady Lady, word gebruik om die toerusting wat JF tydens sy vertoning gebruik, in te bring.
Gedurende die vertoning het JF talle van sy vaardighede, soos sy hand-en-oogkoördinasie met behulp van ’n bal gedemonstreer.



