CRADOCK Kankersorg se jaarlikse teeparty word vanjaar vervang met ’n gala Sondagmiddag-dinee op Moedersdag, 13 Mei.

Volgens die organiseerders gaan hierdie ete ’n driegang-maaltyd met drie soorte vleis, groente en nagereg wees. Wildsversnaperinge sal as voorgereg saam met sjerrie in die pragtige tuin van The Palms bedien word.

Vir die kleinspan gaan daar ’n spesiale afdeling wees waar mini-hamburgers en skyfies, afgesluit met roomys-horinkies voorgesit word. Hulle sal ook aan ’n verskeidenheid speletjies, soos gesigverf en springkasteel, kan deelneem. Die junior prys van R60 sluit die ete en deelname aan speletjies in.

Hierdie Moedersdag-ete is Cradock Kankersorg se enigste groot fondsinsameling van die jaar. Fondse om kankerlyers te onder- steun, ’n verpleegster in diens te hou en brandstof te betaal word gedurig benodig.

Die spyskaart vir die ete van 12 Mei is soos volg: Wildspastei, skaapboud en hoenderboutjies, rys, gebakte aartappels, pampoen- poffertjies, groenbone met kersie-tamaties en fetakaas en malvapoeding met roomys vir nagereg.

Kry kaartjies teen R150 stuk vroegtydig by ’n lid van die Kankersorgkomitee of by Anel by Bergman en Adam, Adderleystraat, Cradock om teleurstelling te voorkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article