’n NUWE gimnasium wat klasse vir peuters van twee jaar tot gryses van sestig-plus aanbied maak môre, 8 Maart, sy deure by die Country Living-sentrum in Albertstraat oop.
Volgens Atel Theron en Marzanne de Lange van Karoo Gimnastiek, is hulle albei gekwalfiseerde artistiese gimnastiek afrigters en beoordelaars (Vlak 1). Hulle het ook noodhulp-kwalifikasies.
Onder die klasse wat aangebied gaan word is peuter- en kleutergimnastiek, nie-kompeterende gimnastiek (5 – 13 jaar) en kompeterende artistiese gimnastiek (Vlak 1 – 3).
Daar word ook gimnastiek vir kinders van 14 jaar tot volwassenes, en vir sestig-plussers aangebied.
Volgens Atel sal hulle ook die kinders gedurende vakansies besig hou met gimnastiek, werksessies en musiek en bewegingsklassse. Daar is ook klasse vir mamma en baba en mamma en peuter. Hulle bied selfs ook gimnastiekpartytjies aan.
Een van die aanbiedinge wat baie byval behoort te vind is die ouers-se-aand-af-kindertoesigdiens waar hulle kinders gaan besig hou terwyl die ours vir ’n uur of twee, óf drie, op hul eie ontspan.
Daar gaan ook inloop-gimnastiekklasse wees vir moeë reisigers wat vir ’n wyle kom litte losmaak terwyl hulle op reis is. Karoo Gimnastiek is ’n lid van die Oos-Kaap gimnas-tiekvereniging en het ook takke in Somerset-Oos en Graaff-Reinet.



