)
religious
NG Kerk Somerset-Oos:
Die jaarlikse #imagine vir 13- tot 18-jariges sal vanaf 29 tot 31 Maart in Mentorskraal, Jeffreysbaai plaasvind. Inskrywingsvorms is by Gill-Kollege of die kerkkantoor beskikbaar. Die koste is R450. Kontak die kerkkantoor by 042 243 2080.
) general
Opedag: Die Hoërskool Middelburg se opedag sal op 12 April plaasvind. Voornemende gr. 8-leerders vir 2020 en hul ouers word genooi om die dag by Middies by te woon. Kontak die skool by 049 842 1560.
Art Quilt Exhibition: Will be presented by Sewing @ the C at Nieu Karoo Country Restaurant in New Street, Nieu Bethesda, from April 19 to 22. The theme is “Pumpkin on the Roof”. Art works will be on sale, as well as tickets for the SA Quilters’ Guild raffle quilt in celebrating 30 years of promoting quilting in SA.
NG Kerk Middelburg Karoo: Sal op 27 April by in die Klaasen-saal in Middelburg basaar hou. Ontbyt sal vanaf 08:00 bedien word en die verkope van heerlike eetgoed, asook gebottelde- tuisgemaakte produkte en handwerk, sal 10:00 begin. Vir die kinders sal daar spesiale aktiwiteite wees. Hulle is steeds op soek na items vir die wit olifanttafel wat by Dorperskaaptelersgenootskap, Van Reenenstraat 22 afgelaai kan word.
- Stuur jou dagboekinskrywings na midkaroo@ media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.