’n GESAMENTLIKE optrede deur polisie van Adelaide, Bedford en Cradock verlede Donderdag het tot die inhegtenisneming van twee dwelmhandelaars in die gebied gelei.

Volgens kapt. Larianne Jonker, polisiewoordvoerder, het ’n kweker (36) van daggaplante eerste op Adelaide aan die pen gery toe hy betrap is met 24 klein, en vier groot daggabome in sy tuin.

Hy het ook gedroogte dagga in sy besit gehad. Op Bedford is ’n Malawiese winkeleienaar (34), ook in besit van dagga betrap.

Jonker sê albei hierdie mans het die afgelope week in die hof op hul onderskeie dorpe op aanklagte van die besit van dagga verskyn.

Brig. Madoda Zamkana het dit weer onder die aandag van inwoners gebring dat die verkoop van dagga steeds ’n oortreding is.

Hy het die gemeenskap versoek om inligting oor enige dwelmhandel onder die aandag van die polisie te bring,

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article