Chris Brits.FOTO: VERSKAF


GROOT dinge is aan die gebeur vir Cradock se bekendste musikant, Chris Brits.

Dié orkesleier en sanger is pas uitgenooi om in ’n splinternuwe televisieprogram, Boeremusiek is Groot op te tree.

Chris en die bekende kitaarspeler van Touch of Class-faam, Deon van der Merwe, is pas terug van Gauteng waar hulle ’n nuwe Boeremusiek-album opgeneem het.

Op die album speel Chris die konsertina en tokkel Deon die kitaarsnare.

Chris sê tydens die opname was daar ’n opwindende atmosfeer in die lug wat toe reeds voorspel het dat hierdie twee manne besig was met ’n nuwe klank in Boeremu- siek.

Arnold Coleske van Coleske Artists was toe só beïndruk met die opames dat hy besluit het om Chris na Pretoria te nooi om op die Afrikaans is Groot-verhoog met ’n nuwe konsep, “Boeremusiek is Groot” op te tree.

Volgens Coleske wou hulle al ’n geruime tyd die Suid-Afrikaanse boeremusiekmark betree en hulle glo dat Chris se konsertina-styl saam met Deon se kitaarstyl die perfekte nuwe klank is waarvoor hulle gewag het.

Coleske is reeds besig met bemarkingsplanne vir die groot konsert in Menlyn, Pretoria op 8 Augustus vanjaar.

Daar gaan glo ook ’n ander be-kende Boeremusiek-orkes optree waarna Chris en Deon ook sal optree.

Chris en Deon se opnames word tans deur Coleske verwerk en gaan ook deur hulle bemark en versprei word.

Hulle beplan ook om ’n DVD op te neem van die hele kosert waar ongeveer 4 000 mense verwag word.

Toe Mid-Karoo Express onlangs met Chris gesels het, was die opgewondenheid duidelik sigbaar by dié kunstenaar wie se geloofsvoete stewig op moeder aarde gegrond is.

“Ons as inwoners van Cradock is baie trots op Chris wat nou op nasionale vlak blootstelling gaan kry en het groot verwagting vir dié Karooseun en veelsydige musi-kant om groot hoogtes te bereik,” het een van Chris se baie plaaslike volgelinge gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article