DIE Laerskool Cradock se eerste toespraakkompetisie vir 2019 het op 12 Maart plaasgevind waar agt talentvolle sprekers deelgeneem het.
Die kompetisie was baie sterk. Die beoordelaars was Marelize Michau, Hettie Marais en Ricky de Klerk.
In die eerste plek vir die junior sprekers was Matthew Valavi wat oor ‘my school days’ gepraat het, gevolg deur Anné Adam in die tweede plek met die onderwerp ‘reëls’.
In die eerste plek vir die senior sprekers was Camron van Wyk met ‘mag’, terwyl Almae Willard tweede geplaas is met ‘sportmanskap’ en Aidan du Plessis derde met ‘musiek, die enigste taal wat ons almal verstaan’.
Die Laerskool Cradock sien uit na volgende kwartaal se kompetisie.



