Jogi Gerber, die Airedale Terriër van Eugene en Luzanne Gerber van Precision Steel op Cradock, het tydens die Hofmeyr Hondeskou as algehele wenner uit die stryd getree en die titel as “Beste Hond op die Skou” verower. Foto: JANIQUE FOURIE


JOGI Gerber, die Airedale Terriër van Eugene en Luzanne Gerber van Precision Steel in Cradock, het tydens die Honde-skou op Hofmeyr, met die titel as Beste Hond op die Skou weggestap.

Janique Fourie was hoof-organiseerder van hierdie afdeling, en sy het ook die firma waarby sy betrokke is, genader om as borge vir die hondeskou op te tree.

Lionel’s Choice het dus gesorg dat daar meer as genoeg hondekos beskikbaar was vir die wenners in elke afdeling.

Deelname was uitstekend en talle rasse was verteenwoordig, asook talle troetelhonde van onsekere herkoms. Sommige huishoudings het sommer al hul honde kom vertoon.

Daar is besluit watter hond lyk die meeste na sy eienaar (Gerhard Greyvenstein van Supa Quick het hier gewen), watter hond is die ongehoorsaamste (Hennie en Sanet van Heerden se Bebe Bulterriër was ongetwyfeld die wenner), en dan natuurlik die oudste hond op die skou, wat gewen is deur Willem en Alta Herselman se hond.

Daar was ook ’n vertoning van die beste ses bene op die skou, waar vertoners en honde se bene bekyk is.

Dit het vir hope pret en lekker gees ge-sorg.

Obré van Heerden het as hoof-beoordelaar opgetree en is bygestaan deur Ds. Marius Barnard en Shani Barnard.

Na afloop van die prysuitdeling het alle pryswenners hul Lionel’s Choice honde-kos aan die Dierebeskermingsvereniging op Cradock geskenk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article