TYDENS die onlangse VLV Sirkelkonferensie wat in Somerset-Oos by die Victory Church kompleks gehou is, is altesaam 16 trofees uitgegee vir inskrywings.
Beoordeling is waargeneem deur gekwalifiseerde VLV-beoordelaar, Laurette Lotter, vanaf Willowmore.
Hofmeyr VLV het nege trofees ontvang vir kuns en handvlyt, masjienwerk, gebak, naaldwerk, landbou, blommerangskikking, mees uitsonderlike leefstyl-artikel en mees uitsonderlike kuns-artikel. Hofmeyr het ook die trofee as Tak van die Jaar ingepalm.
Tarkastad-tak het die breiwerk-trofee verower asook ge-noeg punte behaal om die Iets uit Nietsbeker met Kookhuis-tak te deel.
Kookhuis-tak het altesaam sewe trofees verower vir hul handvlyt, hekelwerk, gebottel, lekkers, kookkuns totale punte asook vir die Iets uit Niets artikels.
Hul het ook die Verdienstelikheidsbeker ontvang aangesien daar ’n verbetering van 200 punte op totale inskrywings gerealiseer is.
VLV-kompetisie-artikels moet aan ’n hoë vlak van korrektheid voldoen, en die dames se vaardig-heid in die verskeie onder-afde-lings word behoorlik getoets.
Elke tak mag twee artikels inskryf onder elke afdeling van die kompetisie.
Na die konferensie word die drie top-artikels asook dié wat almal bo 70% behaal het, na Kongres-vlak gestuur. Tussen konferensie en kongres mag verbeterings aangebring word.




