VERLEDE jaar het Netwerk24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad asook Cum Laude Media die grootste nasionale aanlyn-wiskundekompetisie in Afrikaans vir hoërskoolleerlinge geloods.

Ná vele versoeke is daar besluit om die kompetisie ook vir laer­skole te hou. Die goeie nuus is dat daar geen inskrywingsfooi gevra word nie!

Laerskole word aangemoedig om hul gr. 6- en gr. 7-leerlinge, en hoërskole hul gr. 10-, gr. 11- en gr. 12-syferslimleerlinge in te skryf, waartydens leerlinge en skole met baie wengeld kan wegstap!

Die vraestelle is slegs in Afrikaans.


Hoe werk dit?




  • Registreer op www.cumlaudemedia.com. Vir die laerskoolkompetisie, klik op die laerskoolblokkie en op die hoërskoolblokkie vir die hoërskoolkompetisie.

  • Leerlinge kan self aanlyn registreer of onderwysers kan hulle registreer, voor of op Woensdag 1 Mei.

  • Registrasie sluit om middernag op dié dag.

  • Indien die registrasie suksesvol was, sal elke leerling bevestigende e-pos met inligting oor die wiskundekompetisie ontvang.

  • Onderwysers sal voor die uitdunronde e-pos ontvang van leerlinge wat geregistreer het.

  • Die uitdunronde vind plaas op Vrydag 3 Mei om 14:00 (laerskool) en Vrydag 10 Mei om 14:30 (hoërskool). Die skakel na die vraestel sal dan aktief wees.

  • Leerlinge beantwoord 20 vrae. Hulle kry 60 minute om die vrae te beantwoord. Eksamentoestande geld. Geen sakrekenaars (in enige vorm) word toegelaat nie.

  • Elke finalis, wat die eindronde bywoon, ontvang R1 000 as aanmoedigingsprys.

Hoërskoolkompetisie:


  • Eerste plek:

    R20 000 (met R20 000 vir die skool)
  • Tweede plek:
    R15 000 (met R15 000 vir die skool)
  • Derde plek:
    R10 000 (met R10 000 vir die skool)

    Laeskoolkompetisie:

  • Eerste plek:
    R15 000 (met R15 000 vir die skool)
  • Tweede plek:
    R10 000 (met R10 000 vir die skool)
  • Derde plek:
    R5 000 (met R5 000 vir die skool)

Vir meer inligting, stuur e-pos na wiskunde@cumlaudemedia.com of besoek www.cumlaudemedia.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article