Die Karel Theron Primêre Skool het op 9 Maart weer hulle jaarlikse o.7 – o.9 netbaldag aangebied. Altesaam 29 spanne van nege skole het deelgeneem. Die 240 meisies van Middelburg en omliggende skole soos Volkskool, Burgersdorp, Colesberg, Cradock Voorbereiding, Michausdal, Carinus Laerskool, Balmoral Primary en Hangklip Laerskool, het die dag baie geniet en leersaam gevind. In teenstelling met die 7’s sportdag by Karel Theron op 28 Februarie waar die kinders uit volle bors gejil en skree het van die pret, was dit Saterdag die ouers se beurt om hul stemme hees te skree. Gelukkige trekkings is gehou waartydens spanne ’n netbalbal ontvang het. Al die skole is dit eens dat dié netbaldag ’n groot sukses is en dat dit die spelers goed voorberei en oefening gee vir die netbalseisoen wat voorlê.Op die foto is Karel Theron en Cradock Voorbereiding se o.8-netbalspanne. Foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


Graaff-Reinet:

Ratepayers concerned about BNLM draft annual report



3

Middelburg:


Louis de Swardt gesels oor Brulberg


4

Fort Beaufort:

Struggle victim recalls doomsday experience


4

Somerset-Oos:

Gill se netbalmeisies skitter


5

SPORT:

Sasol Solar Challenge besoek Karoo


11

Boere en inwoners van die Hofmeyr omgewing juig oor sagte deurdringende reën wat verlede week en oor die naweek oor die dorp en distrik uitgesak het. Die afgelope naweek se welkome reën was ook vir vele plaaseienaars die eerste ordentlike reën vir die seisoen. Hofmeyr korrespondent,Teresa Opperman, berig dat talle boere se damme en kuile vol is na die afgelope tyd se goeie reën. Die Vlekpoort -rivier het sy walle oorstroom en die Meyburghbrug was ook vir ’n wyle onbegaanbaar. Die veld en weiding in die noord-oostelike dele van die Hofmeyrdistrik is lowergroen, maar daar is steeds plase wat geen reën ontvang het nie in ander dele van die distrik. Lees die volledige berig op bl. 2

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article