Terwyl Suid-Afrikaners steeds herstel van die skade wat die onlangse toepassing van beurtkrag aan dorps-ekonomieë gerig het, staar duisende huishoudings en besighede in die Oos-Kaap ’n nuwe bedreiging in die gesig.

Nadat sowel Beyers Naudé plaaslike munisipaliteit (BNLM) as Inxuba Yethemba-munisipaliteit (IYM) nie voldoende afbetalings aan lank uitstaande skuld teenoor Eskom gemaak het nie, het die kragvoorsiener aangedui dat geske- duleerde kragonderbrekings eersdaags in verskeie dorpe in dié twee munisipale gebiede toegepas sal word.

Teen die einde van Januarie het BNLM R84 miljoen aan Eskom geskuld, en volgens Eskom se jongste kennisgewing skuld IYM die krag-voorsiener byna R20 miljoen ten opsigte van Cradock en R61 miljoen ten opsigte van Middelburg.

Vanaf Donderdag, 11 April kan Jansenville, Willowmore en Steytlerville die volgende onderbrekings te wagte wees:

  • Maandag tot Vrydag: 06:00 – 09:00 en 17:00 – 20:30
  • Saterdag en Sondag: 08:30 – 12:00 en 15:00 – 19:00

Indien BNLM nie daarin slaag om ’n nuwe afbetalingsooreenkoms met Eskom te sluit nie, sal bogenoemde drie dorpe vanaf 18 April daagliks van 06:00 tot 20:00 geen elektrisiteit kan benut nie.

Ook Cradock en Middelburg sal vanaf 29 Mei aan dieselfde twee beplande onderbreking-skedules onderwerp word, tensy IYM ’n nuwe ooreenkoms met Eskom bereik.

Inwoners van dié twee munisipaliteite is ontevrede oor die toedrag van sake, omdat hulle onder die indruk gebring is dat BNLM en IYM hul-self daartoe verbind het om getrou af te betaal aan Eskom-skuld.

Vervolg op bladsy 2

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article